Woord en beeld in Afrikaans



Strooikussing met Afrikaanse woorde - ook beskikbaar op verskeie ander produkte


Alhoewel dit beter is as 'n klompie jare gelede, is dit nog steeds moeilik om Afrikaanse gesegdes, inspirerende aanhalings of Afrikaanse geskenke en produkte op die internet op te spoor, die verskeidenheid is maar klein. Maar gelukkig is daar hulp! Behalwe myself, is daar verskeie kunstenaars op RedBubble soos Elizabeth Kendall, Rina Greeff, Antionette du Bruyn, Esme Barnard, Maankind en Magriet Meintjes, almal lede van 'n Afrikaanse groep op die Borrel, wat Afrikaanse produkte te koop aanbied. (Besoek gerus die groep, daar sal jy pragtige foto's, kunswerk en skryfwerk in Afrikaans raak loop.)

Met kersfees net om die draai en verjaarsdae en huweliks- en ander herdenkings altyd op die horison, is almal se gedagte by geskenke en wat om hierdie jaar te koop. Besoek gerus my AFRIKAANSE WERKE op RedBubble, en maak 'n verskil hierdie jaar deur jou vriende en familie te bederf met eg-Afrikaanse en -Suid Afrikaanse geskenke!


 






 




Ietsie om te lees :

Dankiesê

Op hierdie louwarm herfsdag
koer die duiwe blou wysies
in die bome
skramse skadu’s speel
teen my vensterruit
“Kom uit! Kom uit!”
My oë kuier oor karee en eik
diepgewortel in goeie grond
‘n Lyster wip-wip soekend rond,
geel madeliefies glimlag gul
en ver dreun duisende motors op
pad huistoe
- Elizabeth Kendall ©